OUDTSHOORN NUUS - Agri Wes-Kaap (AWK) het Donderdag 27 Februarie hul jaarlikse streekkongres by Kansa Krale buite Oudtshoorn aangebied. Die organisasie speel 'n belangrike rol in landbou.
Die doel van die streekkongres is waar AWK direk met hul lede kan skakel en streekspesifieke kwessies hanteer. Laubscher Coetzee, streekbestuurder vir Oudtshoorn, het verrigtinge geopen waarna Janse Rabie as gasspreker lede toegespreek het oor hoe om omgewingsvolhoubaar te boer.
Van die kwessies wat aangeraak is, sluit die toestand van paaie in. Hierdie besprekingspunt is verlede jaar by die onderskeie streekkongresse aangeraak.
Hoewel 'n grondpadberaad gehou is, is uitdagings steeds die werkstye en produktiwiteit van padwerkers sowel as skade wat aangerig word aan voertuie en toerusting weens swak paaie.
Die skoonmaak van riviere was onder bespreking en daar is heelwat struikelblokke wat oorkom moet word, veral vir boere wat die vereiste magtiging vir rivieronderhoud op hul eiendomme moet bekom. AWK sal die kwessie ondersoek ten einde vas te stel wat die korrekte prosedure behels.
AGW bestaan uit 3 500 kommersiële boere, 90 landbouverenigings, streeklandbouverenigings, bedryfsorganisasies en spesiale verenigings. Die organisasie bestaan uit boere wat boere verteenwoordig en verteenwoordig ook produsente op nasionale vlak deur Agri-SA.
Hul poog om deurslaggewende kwessies met 'n enkele stem en visies te bedryf.
AGW lede en produsente is die hartklop van alles wat hulle doen. Hul tree in vir noodsaaklike gesprekke buite die plaashekke en is ten doel om die landbousektor te dien, betroubare inligting te versamel en te versprei en altyd op hoogte te wees van belangrike kwessies, om samewerking tussen sektore te dryf, om 'n gekoördineerde mening te fasiliteer en om bande tussen produsente, landboubesighede en gemeenskappe te smee.
Die kern van AWK se visie is volhoubare besigheid, verhoudings, samewerking en groei. Jongboere is 'n integrale deel van hul werk en word moeite gedoen om die boere aan te moedig en te vereer, asook om hul insae en kennis by belangrike gesprekke te betrek.
Beleidskomitees is die boublokke van die organisasie waarin gestreef word om te verstaan, bevorder en te versterk ten opsigte van landelike veiligheid, natuurlike hulpbronne, arbeid, sosiaal maatskaplike kwessies, transformasie en kommunikasie.
Die organisasie gryp in op regeringsvlak om ondersteuning te verkry vir die landbousektor. Hulle het verteenwoordigers in elke munisipale gebied en kan ingelig namens hul lede betrokke raak in terme van munisipale aangeleenthede om wetgewing en beleid te beïnvloed.
Na afloop van die amptelike gedeelte van die kongres is daar gesellig gekuier oor middagete.
Vorige artikels
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’