As inwoner van Oudtshoorn wil ek graag my mening lig oor die dorp in die algemeen, maar ek graag my opinie gee oor die provinsiale hospitaal.
Ek woon reeds 6 jaar hier en in Desember moes ek van hulle dienste gebruikmaak. My ervaring was ver bo verwagting in alle opsigte. Die netheid buite en binne val mens dadelik op.
Die ontvangs was vriendelik en deeglik en die susters aan diens (dag en nag) was so bedagsaam, behulpsaam en vriendelik. Ek moes 'n tydjie vertoef en het gevolglik gesien hoe hulle pasiënte hanteer. Met liefde, kundigheid en baie deernis en wyk nie af van dissipline nie. Dit geld ook vir die dokter wat op aanddiens was.
Ons as inwoners moenie kla of opinies uitspreek voor hulle nie self gesien het nie. Hulle tree met uiterste presisie teenoor pasiënte op.
Laat ons as inwoners minder kla en meer waardering wys vir mense om jou. Jou buurman en buurvrou. Elke persoon van wie se dienste jy gebruik maak. Die wit vlae wapper nie verniet in ons dorp nie. Gee 'n glimlag as jy nie een terugkry nie. Iemand het miskien vandag jou glimlag en oogkontak nodig gehag. Iemand het miskien seer, siekte of eensaamheid waarvan ander nie weet nie. Gee moed Hou Koers Vrede.
Anoniem Oudtshoorn