Die nasionale verkiesing is op hande en die politici maak weereens, soos in die verlede, staat op die lojale ondersteuning van kiesers, wie histories en ideologies aan n bepaalde politieke party, verbind is. Miskien moet ons net weer 'n oomblik rustig word en indringend op rede fokus, eerder as om passievol op die verbintenis met 'n politieke party, te konsentreer. Ondersoek die meriete en die detail van jou politieke party, eerder as om op jou verbintenis met die party, voor op te stel. Loods 'n persoonlike ondersoek, en stel vas wat is die redes vir jou verbintenis met die party. Kom tot 'n gevolgtrekking op grond van feite, en nie op grond van assosiasie en emosionele verbintenis nie. Ons, as kiesers moet in staat wees, om die spanning tussen rede en passie effektief te bestuur.
Thomas Jefferson skryf in 1798; "one of these, (reason or passion) for most part, must prevail over the other, for a longer or shorter period of time".
Kiesers moet nie opgeneem en gedomineer word deur die filosofie, die denke en die maatstawwe van die party nie. Sulke onderwerping en verslawing is die doodskoot vir vrye en onafhanklike denke van die indiwidu, binne die party. Denkende wesens handhaaf altyd verskillende, kontrasterende en komplekse opinies oor bepaalde kwessies, veral as hulle geoorloof is, om vry te dink en te praat.
In n gepolariseerde samelewing is die rede van deurslaggewende belang, Daar is egter nie waarborge dat feite oor oortuigings kan triomfeer nie. Binne die groepdenke konteks, is dit moeilik om van opinie te verander, omdat groepdenke intimideer, en is in baie opsigte, rigied en hiërargies.
Dit is die verantwoordelikheid van elke kieser, om eers te dink, en na te dink, voordat dat daar 'n besluit geneem word. Vir die komende verkiesing, is die benadering en werkswyse miskien vir ons van kardinale belang.
Assesseer al die toepaslike inligting en neem dan 'n ingeligte besluit. Die werkswyse van politieke partye t.o.v. die werwing van stemme, is nie in die beste belang van die kiesers nie. Die politieke partye moet tydens werwing, openbare vergaderings hou, waar die potensiële kandidaat aan streng ondervraging onderwerp word, sodoende sal die kapasiteit van die kandidaat, vir die openbare pos, getoets word. Dit sal verseker dat oorywerige politieke mededingers, deur so 'n proses gekeur word.
Indien kiesers nie hulle stemme op 'n verantwoordelike en nadenkende wyse uitbring nie, is hy/sy besig om die algehele vooruitgang van sy/haar land te ondermyn, en om die mense van die land in die steek te laat. Kiesers moet ook in staat wees om moniterings en kontrole meganismes in plek te het, om te verseker dat die kieserspubliek die kandidaat aanspreeklik kan hou, t.en opsigte van die uitvoering van sy plig.
DA Piedt