As 'n self-geleerde grimeerkunstenaar van skooldae af het ek altyd geglo dat my besigheid eendag suksesvol sal wees en dit het gebeur.
Ek is nou 20 en die afgelope vyf jaar het ek baie hard gewerk aan my groot passie. Ek wil vir een en elke Oudtshoorniet en mense van ander plekke bedank vir hulle oneindige ondersteuning, ek waardeer dit uit die diepte van my hart en stel dit hoog op prys.
Ek wil vir ePages ook baie dankie sê wat my as nommer 1 grimeringkunstenaar geplaas het. My ervaring in Oudtshoorn bewys net dat mens se drome waar word as jy hard werk en daarin glo.
Met dank
Bradlin Heradien