Daar is die laaste tyd baie gekla oor gebrekkige dienslewering, asook raadslede wat hul plig versuim of nie hul samewerking wil gee nie.
Die dorp is slordig, strate is vuil sypaadjies en waterslote is toegegroei en met rommel bestrooi. Op De Rust lyk dit dieselfde. Sekere dienste het heeltemal platgeval. Om te kla help nie veel nie. Raadslede het jy nog laas teen die lamppale gesien en sommige daarna nog nie weer nie. Hierdie mense verdien groot salarisse en voordele. Ons word tot oor die ore belas om te help betaal aan daardie salarisse. Hulle verteenwoordig jou as kieser en moet na jou klagtes luister en aandag gee, dis waarvoor hulle betaal word. Politieke partye sal ernstig moet kyk na die bekwaamheid en kundigheid van hul kandidate, een eienskap wat baie keer ontbreek. Stemdag is om die draai en 'n kandidaat wat nie presteer kan sy party benadeel. Die belastingbetaler verdien baie beter as wat tans die geval is.
Albert Schoeman, De Rust