Gallery
OUDTSHOORN NUUSFLITS - Agt Oudtshoorn Eden-fietsryers was onder die 23 ryers wat Saterdag 13 Januarie die Eden 102 km-padkampioenskappe op Oudtshoorn voltooi het.
Alhoewel Louis Visser, wat vir Team Dimension Data internasionaal ry, die ren in 'n tyd van 02:41:26 gewen het, was die Oudtshoorn-fietsryer, Marchal Hendricks, eerste om in Eden-kleure oor die eindstreep te jaag.
In 'n tyd van 02:42:35 het Hendricks en Theuns van der Bank saam klaargemaak.
Van der Bank is egter nie 'n Eden-fietsryer nie.
Fienie Barnard (02:58:19) het die vroue-afdeling gewen. Sy was ook die eerste vroue-veteraan (40-44) om oor die eindstreep te ry.
Ander Oudtshoorn-fietsryers was Kerrighan Aries (12de - 02:58:07), Marlenene Vussi (13de - 02:58:18), Mario Macleod (16de - 03:05:35), Morneal Esau (17de - 03:05:36), Kobus Barnard (18de - 03:11:47) en Johan Griffioen (22ste - 03:33:23).
In die 52 km-ren het ook agt Oudtshoorn-ryers onder die 26 deelnemers klaargemaak. Errol Pretorius (01:26:23) en Benino Hans (01:26:24) was onderskeidelik eerste en tweede.
Gereed vir die wegspring.
Pretorius (veterane 60-64) en Hans (o.17) het ook die toppodium posisies ingeneem as wenners in hul onderskeie ouderdomskategorieë.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'