7 sterf in ongeluk

Die gemeenskap van Calitzdorp is geskok na die dood van 7 inwoners in ‘n gru-ongeluk gister (Sondag).

CALITZDORP NUUSFLITS - Die gemeenskap van Calitzdorp is geskok na die dood van 7 inwoners in ‘n gru-ongeluk gister (Sondag).
 
Twee kinders was onder die oorledenes.
 
Die ongeluk het tussen Montagu en Barrydale gebeur. Die voertuig het uitgebrand.
 
Volgens Kenny Africa, Provinsiale Verkeershoof, het die ongeluk net na 13:00 Sondagmiddag gebeur.
 
Volgens hom was daar nege insittendes, almal van Calitzdorp, in die voertuig.
 
‘n Volwasse persoon en ‘n kind is met ernstige beserings na ‘n hospitaal geneem.
 
Africa sê dit is nog nie duidelik wat die ongeluk veroorsaak het nie.
 
Reddingswerkers op die toneel.
 
'Ons bring jou die nuutste Calitzdorp, Klein-Karoo nuus'


Your Comments
Back to Top

Copyright 2017 Group Editors Co PTY Ltd t/a Oudtshoorn Courant