OUDTSHOORN SPORTNUUS - Sowat 90 swemmers van swemklubs regoor die Suid-Kaap en Karoo het die afgelope naweek aan die Cana Virtuele Swemkampioenskap in die NA Smit-swembad in Oudtshoorn, deelgeneem.
Volgens die sameroeper, Tarita Pollicutte van Eden Aquatics, het swemklubs van Mosselbaai, George, Beaufort-Wes, Knysna, Plettenbergbaai en Oudtshoorn, swemmers vir die gala ingeskryf.
Onder normale omstandighede word die Cana-swemkampioenskap jaarliks in 'n stad in Afrika aangebied. Afrika-lande kry dan geleentheid om swemspanne na die gala te stuur.
As gevolg van Covid-19 vind die groot Cana-byeenkoms nie plaas nie en alle distrikte is die geleentheid gegee om 'n eie kampioenskap aan te bied waartydens swemmers se tye geneem word en dan deurgegee word om Afrika-keuring te ontvang.
Volgens Pollicutte was die Oudtshoorn-swemgala baie geslaagd met verskeie swemmers wat goeie tye aangeteken het.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'