TUINROETE SWEMNUUS - Swemmers in die provinsie het op Saterdag, 20 Februarie se Eden A-ligagala in Oudtshoorn met groot opgewondenheid aangepak.
Met 'n wye reeks "normale" aktiwitwite wat kinders tans ontneem word as gevolg van die Covid-19-regulasies, is enige sportgeleentheid in die provinsie soveel meer spesiaal as van te vore.
Damian Smith (Eden Educational Services) het die byeenkoms goed benut deur met medaljes weg te stap in die 50m borsslag (2de), 50m vryslag (3de), 200m vryslag (2de), 100m borsslag (2de), 50m vlinderslag (2de) en 100m vryslag (3de).
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'