OUDTSHOORN NUUS - Die Suid-Kaapse voeder-hengelspan het verlede week in Bloemhof by die nasionale voeder-hengelkampioenskappe 'n groot verrassing gelewer deur tweede te eindig.
Altesame 14 provinsies was in aksie. Suid-Kaap was slegs een van drie provinsies wat met vyf hengelaars deelgeneem het en steeds daarin geslaag het om van die topspanne, met ses hengelaars, te klop.
Dis die eerste keer dat Suid-Kaap só 'n prestasie behaal.
Drie van sy spanlede het boonop in die toptien in die land geëindig. Gareth Smit was algeheel sesde, Marius Nel sewende en John-Louis van Zyl negende.
Enrico Kruger het ook die medalje gewen vir die grootse baber by die toernooi en Marius Nel vir die grootste guilemintjie.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'