TUINROETE NUUS - Stilbaai het al die hengelklubs uitgestof by die Eden-hengelvereniging se derde winterliga-kompetisie wat van Stilbaai tot by Knysna aangebied is.
Stilbaai het 71,95 punte ingesamel met Willie Vorster sy tophengelaar (45,42 punte). Die topjunior van die dag was Kyle Small (onder 16) van Knysna-hengelklub met 5,08 punte en die topmeester was Willie Vorster van Stilbaai (45,42 punte). Mariette Westraad (Stilbaai) was die beste vrouehengelaar met 3,17 punte.
Die grootste eetbare vis is deur Henrico Lesch van Outeniqua-hengelklub in George gevang - 'n steenbras van 6,46 kg. Die swaarste oneetbare vis was 'n sloephaai van 24,64 kg wat deur Dana Verster van Stilbaai ingeweeg is.
Altesame 359,87 kg vis is deur die 75 hengelaars uitgetrek waarvan 58 oneetbaar was en 81 eetbaar. Al die visse is lewendig teruggeplaas om bewaring te bevorder.
Ná afloop van die derde ronde lyk die puntestand as volg:
1. Stilbaai-Stilmonsters (177.38)
2. Triton-Bronze Whalers (150.57)
3. Outeniqua Clutchcables (143.38)
4. George-wortels (116.38)
5. George-kadette (105.08).
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Tuinroete nuus'