OUDTSHOORN NUUS - Verskeie swemmers van die Freda Barnard-swemskool op Oudtshoorn het verlede naweek medaljes tydens die 38ste Freda Barnard-uitnodigingsgala losgeswem.
Die swemskool se sesjarige Nelleke Durand was een van die jongste swemmers wat meegeding en ook 'n medalje verower het.
Dié gala, wat deur swemklubs uit die Wes-Kaap bygewoon is, is by die NA Smit-swembad gehou en is oor drie dae beslis. Bykans 600 toeskouers het getrou vir hierdie drie dae hul swemmers aangemoedig wat vir 'n goeie gees gesorg het.
Delia van Biljon, swemafrigter van die Freda Barnard-swemskool, was in haar noppies met haar swemmers se groot medalje-oes en gesê dat die klub met vertroue uitsien na die Eden-kampioenskapgala wat van 6 tot 7 Desember weer by die NA Smit-swembad sal plaasvind.
Freda Barnard (naasregs) stigter van die jaarlikse Freda Barnard-swemgala, posseer met die swemmers wat die afgelope naweek medaljes by dié gala ingepalm het. Foto's: Wyndham Ewerts
Die Freda Barnard-swemskool swemmers wat medaljes ingepalm het:
- Christiaan van Biljon
- Hennie Calitz
- Nelleke Durand
- Corli-Marie Griffioen
- Emma van der Westhuizen
- Ninke Griffioen
- Jada Coetzee
- Jancke Potgieter
- Kari Griffioen
- Elizma Heyser
- Mia Hugget
Jada Coetzee in aksie in die vlinderslag.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'