OUDTSHOORN NUUS - Swemmers van die plaaslike Freda Barnard-swemskool het goed presteer tydens die 36ste Freda Barnard-uitnodigingsgala.
Die swemmers is Anlize Vermeulen (3 goud, 3 silwer, 1 brons), Jada Coetzee (9 goud, 3 silwer, 2 brons, junior victrix ludorum) en Jancke Potgieter wat, haar persoonlike beste tye verbeter het.
Hul afrigter, Delia van Biljon, sê: “Ek is baie trots is op hul prestasie en harde werk en sien uit na nog baie goeie prestasies die seisoen.”
Die Eden kampioenskap-gala vind die naweek van 24-25 November 2017 by die NA Smit-swembad plaas.
“Die swemmers is slaggereed om Oudtshoorn se naam hoog te hou.”
Hul afrigter, Delia van Biljon, sê: “Ek is baie trots is op hul prestasie en harde werk en sien uit na nog baie goeie prestasies die seisoen.”
ARTIKEL & FOTO: CHRISTO VERMAAK, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'