TUINROETE NUUS - Die All Saints CMS-hengel-kompetisie word op Vrydag 5 Oktober en Saterdag 6 Oktober in Mosselbaai aangebied.
Inskrywing kan op Vrydag 5 Oktober vanaf 15:00 tot 18:00 by die Caltex-diensstasie in D'Almeida gedoen word.
Die inweeg is op Saterdag by Korrektiewe Dienste se lapa en die skaal sluit stiptelik om 16:00. Die inskrywingsgeld is R60.
Verversings sal by die inweeg voorgesit word. Onder die pryse wat gewen kan word, is Diawa-katrolle, visstokke, visgereedskap en huishoudelike toestelle. Kaartjies is by alle CMS-lede beskikbaar.
Vir enige navrae bel Eddie Meyer 082 562 2425, Jame Groenewald 073 940 9886, Quinton Meyer 083 493 8333 of Eddie Meyer 082 562 2425.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'