OUDTSHOORN SPORTNUUS - 'n Groot eer het die Oudtshoorniet Lluwellyn Coetzee, die afgelope naweek te beurt geval toe hy in Johannesburg as uitvoerende lid van Swem Suid-Afrika se raad verkies is.
Dié organisasie beheer alle swem, duik, waterpolo, oopwater en artistieke swem in die land sowel as die keuring van spanne om aan die Olimpiese Spele deel te neem.
Coetzee het in 2016 by SWD-swem aangesluit en is ook in 2019 eenparig tot president van Wes-Kaap-swem gekies.
Volgens Coetzee, wat tans as waarnemende direkteur van strategiese dienste by die Oudtshoorn-munisipaliteit werksaam is, voel hy geëerd en nederig oor die voorreg wat aan hom gegee is om in die pos te dien.
"Ek sien daarna uit om deel te wees van die span om swem landswyd teen 'n gesonde pas te laat groei en in die proses, atlete voor te berei om Suid-Afrika met onderskeiding op internasionale vlak te verteenwoordig," het Coetzee gesê.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'