OUDTSHOORN SPORTNUUS - Verskeie swemmers van die Freda Barnard-swemskool op Oudtshoorn het verlede naweek medaljes tydens die 39ste Freda Barnard-swemgala losgeswem.
Dié gala, wat deur swemklubs uit die Wes-Kaap bygewoon is, is by die NA Smit-swembad gehou en is oor drie dae beslis.
As gevolg van die Covid-19-regulasies is geen toeskouers toegelaat nie. Ouers van die swemmers kon die aksie wel aanlyn volg.
Volgens Lluwellyn Coetzee, president van Wes-Kaap Swem, sal die swemmers se tye tydens dié gala op SA swem se databasis geregistreer word wat gaan bepaal wie vir komende SA swemtoernooie sal kwalifiseer. Die Eden-langbadgala sal Saterdag by die NA Smit-swembad wegspring.
Die swemmers van Freda Barnard-swemskool wat medaljes ingepalm het:
- JW Moolman
- Christiaan van Biljon
- Ninke Griffioen
- Jancke Potgieter
- De Wet Botes
- Engela De Wet
- Nina Cloete
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'