OUDTSHOORN NUUSFLITS - Drie swemmers van die plaaslike Freda Barnard-swemskool het verskeie toekennings by die afgelope gala-prysuitdeling van Eden/SWD-swem ontvang.
Anlize Vermeulen ontvang die toekenning as die beste vlak drie swemmer. Sy is ook vereer vir haar beste tyd in die 200 vryslag en is opgeneem in die SWD-span.
Jada Coetzee ontvang toekennings vir die beste tyd vir dogters o.10 in 50 m, 100 m en 200 m vryslag, beste tyd in 50 m, 100 m en 200 m borsslag, sowel as die uitvoerende trofee vir die meeste punte behaal vir juniors in die seisoen.
Jada is ook opgeneem in die SWD-swemspan sowel as die Wes-Kaapse skolespan.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant of aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'