OUDTSHOORN TENNIS NUUS - Christine van Coller en Garnett Wicomb van die Wesbank-tennisklub het Sondag in Kaapstad nog enkelspeltitels agter hul name geskryf toe hulle die eindstryde in hul onderskeie ouderdomsgroepe in die
Cape Town Seniors-tennistoernooi gewen het.
Van Coller het Debra Hyde van Knysna met 4-6, 6-0 en 6-3 geklop terwyl Wicomb vir Arnie Poole van die WP met 4-1 (wedstryd prysgegee) geklop het.
Beide Van Coller (50+) en Wicomb (75+) het in Desember verlede jaar die Eden en in Januarie vanjaar die WP enkelspeltitels gewen en tans eerste gekeur op Tennis Suid Afrika se ranglys.
Van Coller het saam met Louise Chiat tot die eindstryd van die dubbelspel deurgedring maar die wedstryd prysgegee vanweë 'n besering wat Chiat opgedoen het.
Hanlé Cronje en Maryne Olivier, ook van Wesbank, het in die 65+ vrouedubbels in die eindstryd met 3-6, 3-6 teen Arlene Gelbert en Shirley Larson verloor, terwyl Cronje in die enkelspel eindstryd teen Shirley Engels van die WP verloor het.
Debra Hyde (links) en Chrstine van Coller. Foto: Garnett Wicomb.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'