OUDTSHOORN NUUS - Tameré Stewart (14), 'n leerder van Langenhoven Gimnasium, is na die afgelope naweek se interprovinsiale tennistoernooi in Pretoria gekies vir die SA skole o.15 -meisiestennisspan.
Sy het die toernooi onoorwonne afgesluit. Oudtshoorn en die skool spog nou met twéé spelers wat vir die SA skolespanne gekies is nadat Fourie Delport ook onlangs gekies is vir die SA skole o.13-seunsspan.
Beide Stewart en Delport word deur Pieter van der Walt afgerig.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’