OUDTSHOORN TENNISNUUS - Christine van Coller en Rida Bester van die Wesbank-tennisklub, is weer gekies om Suid-Afrika in die buiteland te verteenwoordig.
Hulle is gekies vir die SA 50+ span wat vanaf 4 tot 10 Augustus in Lisbon en Estoril, Portugal, aan die 2019 Seniors ITF Wêreldtenniskampioenskap gaan deelneem.
Dit is die tiende keer dat die eer Van Coller te beurt val, terwyl dit die sesde keer is dat Bester dié SA span haal.
Hulle is tans die vrouedubbels-kampioene van die Wesbank-tennisklub, Eden en die Westelike Provinsie.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'