So sê Johan Koch, wie se breinkind dit was.
Die toernooi is deur die Oostelike Provinsie gewen wat met skitterspel die eerste ontvangers was van die Johan Koch wisseltrofee.
Die OP het onoorwonne uit die stryd getree met oorwinnings van 14-5 teen Boland, 16-5 teen die Westelike Provinsie en 18-3 teen die SWD.
Boland was die naaswenners met die WP derde en die SWD in die vierde plek.
Die groot teleurstelling van die toernooi was die swak bywoning van toeskouers en plaaslike tennisspelers.
Volgens Koch was die doel om aan jong spe-lers 'n geleentheid te gee om met die bestes in die vier provinsies kragte te meet omdat die SA tennisvereniging nie meer 'n nasionale ope interprovinsiale toernooi aanbied nie.

Die span van die SWD is van links Eduard Steyls, Wehmeyer Ferreira, Christian Koch, Christine van Coller, Ansu Lessing, Debra Hyde, Rida Bester en Alex Moschetle. Foto's Garnett Wicomb
ARTIKEL: GARNETT WICOMB
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'