OUDTSHOORN TENNISNUUS - Die rakette swaai weer op die bane van die Wesbank-tennisklub na die vergunning van die regering dat tennisspelers na meer as drie maande weer hul sport kan beoefen.
Volgens Susan Botha, die klub se sekretaresse, word sosiale tennis nou weer op Woensdae en Saterdae gespeel hoewel die klubhuis steeds gesluit bly onder die vlak 3-regulasies.
Spel begin om 14:00 en spelers moet met maskers by die baan aankom, hul hande ontsmet en die nodige dokumente invul voordat hulle die bane kan betree.
Hulle mag sonder maskers speel. Balfooie is steeds R20 vir lede en R30 vir nie-lede.
Volgens Botha, kan lede ook op ander dae speel met die nodige reëlings wat met 'n lid van die bestuur getref moet word. Botha kan geskakel word by 083 5005 900.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'