OUDTSHOORN NUUS - Die Wesbank-tennisklub bied oor die naweek van 31 Maart/1 April ‘n gemengde- en mans dubbelstoernooi aan, ter viering van die amptelike ingebruikneming van die klub se herseëlde bane.
Die toernooi is oop vir alle tennisspelers met inskrywingsgeld van R300 per speler wat tennisballe, pryse, aandete die Vrydagaand, middagete Saterdag, asook verversings, ‘n lekker sosiale aand met ‘n dans en speletjies insluit.
Volgens Jacques de Beer, organiseerder, sal spanne volgens sterkte in groepe verdeel word met talle pryse wat op die spel sal wees. Die organiseerders sal sorg dat spelers wat sonder ‘n maat inskryf wel ‘n maat kry.
Die klub wil volgens De Beer by dieselfde geleentheid ook erkenning gee aan die borge en donateurs wat mildelik bygedra het tot die herseëling van die bane.
Die sluitingsdatum vir inskrywings is Woensdag 15 Maart en spelers kan De Beer What’s App by 082 897 8262.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'