OUDTSHOORN TENNIS NUUS - Die Wesbank-tennisklub bied oor die naweek van 31 Maart tot 1 April 'n gemengde- en mansdubbelstoernooi ter viering van die amptelike ingebruikneming van die klub se herseëlde bane aan.
Die toernooi is oop vir alle tennisspelers met inskrywingsgeld van R300 per speler beloop.
Dié koste dek tennisballe, pryse, aandete die Vrydagaand, middagete Saterdag, verversings asook 'n lekker sosiale aand watter dans was dit nie en speletjies insluit.
Volgens die organiseerder, Jacques de Beer, sal spanne volgens sterkte in groepe verdeel word met talle pryse wat op die spel sal wees. Die organiseerders sal sorg dat spelers wat sonder 'n maat inskryf, wel 'n maat kry.
Die klub wil volgens De Beer by dieselfde geleentheid ook erkenning gee aan die borge en donateurs wat ruim bygedra het tot die herseëling van die bane.
Die sluitingsdatum vir inskrywings is Woensdag 15 Maart en spelers kan De Beer WhatsApp op 082 897 8262.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'