OUDTSHOORN NUUS - Die tweede ronde van vanjaar se Fritz Meissner-spankompetisie van die Eden seniors-tennisvereniging is onlangs in ideale weer in Oudtshoorn op die bane van die Wesbank-tennisklub, Langenhoven Gimnasium en Hoërskool Oudtshoorn afgehandel.
Die spanne het mekaar soos gewoonlik behoorlik opgedreun en vir aanskoulike tennis gesorg.
Altesaam 29 spanne, 12 vroue- en 17 mansspanne, het ingeskryf vir die gewilde kompetisie wat as die vlagskip van Eden-tennis beskou word.
Spanne in die 190's-afdeling bestaan uit vier spelers waarvan die gesamentlike ouderdom nie minder as 190 jaar moet wees nie, en in die 240's-kompetisie uit spanne met 'n gesamentlike ouderdom van ten minste 240 jaar. Die derde ronde is geskeduleer vir
23 Julie in Mosselbaai.
Pietman Mostert (links) en Schalk Pienaar in aksie. Foto's: Garnett Wicomb
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'