TUINROETE TENNISNUUS - Die span van Pacaltsdorp het Saterdag vir 'n groot verrassing in die 190's-spankompetisie van die Eden seniors tennisvereniging gesorg toe hy die span van Danie Steyl van die Wesbank-tennisklub in 'n spannende wedstryd met 4-2 (41 potte teenoor 37) geklop het.
Die volledige uitslag is soos volg:
- Vivian Lottering en Calvin Lottering v/t Cilliers Petzer Pieter Schoeman 5-8;
- Chadwick Stride, Garnett Wicomb klop Pietman Schoeman en Ronnie de Villiers 8-5
- Chadwick Stride en Vivian Lottering v/t Pieter Schoeman en Pietman Schoeman 3-10
- Vivian Lottering en Garnett Wicomb klop Cilliers Petzer en Ronnie de Villiers 8-5
- Chadwick Stride en Vivian Lottering klop Pietman Schoeman en Cilliers Petzer 7-6
- Garnett Wicomb en Calvin Lottering klop Pieter Schoeman en Ronnie de Villiers 10-3.
Die span van Pacaltsdorp is van links: Garnett Wicomb (plaasvervanger), Calvin Lottering (kapt), Chadwick Stride en Vivian Lottering. Foto verskaf
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'