TUINROETE NUUS - Debra Hyde van die Knysna-tennisklub en voorsitter van die Eden seniors-tennisvereniging, is tydens die algemene jaarvergadering van die Eden-tennisvereniging onbestrede tot voorsitter van die vereniging herkies.
Garnett Wicomb en Danie Steyl, albei van die Wesbank-tennisklub, is ook onbestrede as onderskeidelik visevoorsitter en sekretaris herkies.
Yvonne Dippenaar van die Groot-Brakrivier-tennisklub is die nuwe tesourier.
Die bykomende lede vir 2019/20 is Anton le Roux (Klein-Brakrivier), Marius Bezuidenhout (George-tennisklub), Annerie Louw (Mosselbaai-tennisklub) en Liesel Muller (NMU-tennisklub).
Die voorsitter en sekretaris van die Eden-sportraad, Desmond Speelman en Dave van der Walt, het ook die vergadering bygewoon.
Hyde het in haar jaarverslag klubs en skole bedank wat hul fasiliteite vir die vereniging beskikbaar stel en 'n beroep op die 12 klubs gedoen om voort te gaan om tennis in die streek te laat groei.
“U toewyding tot tennis en die bestuur daarvan sal verseker dat die sport wat ons lief het vertroetel word op elke vlak sodat dit kan voortgaan om te ontwikkel, groei en floreer in Eden vir generasies wat kom.”
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'