TENNIS NUUS - Die Wesbank-tennisklub het die afgelope naweek sy herseëlde bane met ‘n baie suksesvolle gemengde- en mansdubbelstoernooi amptelik in gebruik geneem.
Diegene wat die opknap van die bane ten volle geborg het, is ook tydens die spesiale geleentheid op tasbare wyse bedank.
Die voorsitter van die klub, Louis Uys, het spesiale sertifikate van waardering aan André van Greunen (Timbercity), Hugo van der Berg (Van der Berg Vervoer), Johan Cloete, Douglas en Elmarie Seton (Duiwekloof) en Johannes Roux (JSR Courts) oorhandig.
Volgens hom sou dit nie vir die klub moontlik gewees het om die bane te laat herseël nie, omdat hulle geen ander hulp ontvang het nie.
Volgens Uys is dit nou danksy die opgradering van die bane moontlik om weer toernooie aan te bied wat die klub se geldkas, en ook die dorp se ekonomie ‘n hupstoot kan gee.
Toernooi
Altesaam 42 spelers van George, Mosselbaai, Hartenbos en Oudtshoorn het aan die toernooi deelgeneem.
In die A Afdeling van die gemengde dubbelskompetisie het Anton Meyer en Annalize Potgieter van George met die louere weggestap en in die B-Afdeling Louis Pienaar (Wesbank) en Christine Gouws (George). In die mansdubbels was dit George Wallace en Brandon van der Westhuizen wat as wenners uit die stryd getree het. Almal wat deelgeneem het, het pryse ontvang
Wallace het ook kontantbedrag van R1 000 in die sak gesteek toe hy die prettige eenpunt-rooibalkompetisie gewen het waaraan al die spelers deelgeneem en vir groot opwinding gesorg het.
Uys het ook sy dank teenoor die borge van die toernooi uitgespreek.
Die Wesbank-tennisklub is oop vir almal met spesiale pakkette vir families terwyl nie-lede teen ‘n tarief van R30 per speler per dag ook van die geriewe gebruik kan maak.
Belangstellendes kan die voorsitter, Louis Uys, by 082 835 8555 of die sekretaris, Danie Steyl by 078 469 3727 skakel vir meer besonderhede.
Die spelers wat die afgelope naweek aan die tennistoernooi van die Wesbank-tennisklub deelgeneem het.
‘n Lugfoto van die opgeknapte bane: Foto: Garnett Wicomb (jr).
Die voorsitter van die Wesbank-tennisklub, Louis Uys (middel) saam met die borge wat die herstel van ‘n volle baan geborg het. Van links is Hugo van der Berg (Van der Berg Vervoer), André van Greunen (Timbercity), Johan Cloete, Louis Uys (Wesbank-tennisklub), Johannes Roux (JSR Courts), Elmari en Douglas Seton (Duiwekloof). Ander persone wat finansieel bygedra het tot die herseëling van die bane is Johan en Christa Lategan, Daan en Hanle Cronjé, Maryna Olivier, Chris Slabbert, Edie Lotterin
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’