OUDTSHOORN TENNISNUUS - Die Wesbank-tennisklub het die jaar op Saterdag 11 Desember met 'n gesellige 'Fancy Dress' dubbelstoernooi afgesluit wat vir groot pret gesorg het.
Die geleentheid is op die klub se eie 'radiostasie' vir die dag, Wesbank-tennisklub FM uitgesaai. Die DJ was Johan Erasmus en die spelers kon spesiale liedjies aanvra, boodskappies uitstuur en selfs 'n liedjie of twee sing.
Hoewel die dag se tennis nie wenners opgelewer het nie, was daar talle gelukstrekkings.
Die klubvoorsitter, Johan Marais, en die organiseerder van die dag, Cilliers Petzer, het hul tevredenheid met die funksie uitgespreek en die spelers wat deelgeneem het vir hul sportmangees bedank.
Amptelike aktiwiteite by die klub hervat op Woensdag 12 Januarie 2022.
Die deelnemers aan die Wesbank-tennisklub se rondomtalietoernooi. Heel links is die 'DJ' van die dag, Johan Erasmus. Foto: Garnett Wicomb
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'