OUDTSHOORN TENNISNUUS - Meer as 40 jong tennisspelers van Oudtshoorn en omgewing, het verlede naweek aan die eerste Klein-Karoo-tennistoernooi op die bane van die Wesbank-tennisklub en die Laerskool Wesbank deelgeneem.
Die toernooi is vanaf 3 tot 4 Desember gehou en is volgens Johann Koch (jr.) 'n gesamentlike inisiatief van JK Tennis en Totally Tennis met die doel om meer wedstrydgeleenthede aan junior tennisspelers in Oudtshoorn en omgewing te bied en sal voortaan ook kwartaalliks aangebied word.
Al die deelnemers het 'n sertifikaat van deelname ontvang, terwyl die wenners en naaswenners met medaljes beloon is.
Die wenners en naaswenners saam met die hul afrigters, Johann Koch (jr) en Pieter van der Walt. Foto: Garnett Wicomb
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'