OUDTSHOORN NUUS - Die twee plaaslike junior tennisspelers, Tameré Stewart en Nikita Stander het die afgelope naweek aan die Eden Mini-3 tennistoernooi in George deelgeneem en uitstekend presteer.
Die twee stuks word deur Pieter van der Walt afgerig. Tameré, ‘n leerder van Langenhoven Gimnasium, het die meisies o.14-enkelspel gewen en saam met haar maat ook die o. 16-dubbelstoernooi gewen.
Nikita, ‘n leerder aan die Laerskool Laurus, was die wenner van die dogters o. 12-enkelspel. Beide Tameré en Nikita het gedurende die toernooi slegs drie potte afgestaan.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’