OUDTSHOORN TENNIS-NUUS - Debra Hyde van die Knysna-tennisklub is onbestrede herkies tot voorsitter van beide die Eden-tennisvereniging en die Eden seniors-tennisvereniging.
Die bestuur van die Eden-tennisvereniging is met die uitsondering van die visevoorsitter dieselfde, terwyl die seniors se bestuur ook onbestrede herkies is met slegs die posisie van sekretaris wat nog gevul moet word.
Hyde het tydens die algemene jaarvergadering van die Eden-tennisvereniging beklemtoon dat sy ernstig is oor goeie bestuur.
“Goeie bestuur is die hoeksteen van voortdurende sukses en sluit in ywerige werksetiek, deursigtigheid en verantwoordbaarheid,” het Hyde gesê.
Daar is ook tydens die vergadering besluit dat spelers wat die vereniging vanjaar in die Cradock-uitdaagtoernooi gaan verteenwoordig, finansieel ondersteun sal word.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'