TENNIS NUUS - 'n Suksesvolle tennistoernooi is op 27 en 28 Junie, onder leiding van Katie Müller van Mosselbaai en Margaretha Swanepoel van Vredendal, op die Mosselbaai-tennisklub se bane aangebied. Beide Müller en Swanepoel is SATA professionele vlak 4 tennisafrigters.
Opregte dank gaan aan die Mosselbaai-tennisklub vir die gebruik van die bane en ook die geleentheid wat hulle aan opkomende spelers bied om teen spelers van ver mee te ding.
Yvonne Shannon van die VSA het teen gevorderde spelers soos TJ Vorster van Mosselbaai en William Eaton van Durbanville meegeding. Yvonne het weinig potte afgestaan.
Yvonne Shannon is aksie op die tennisbaan.
TJ Vorster in aksie.
Leentjie en Mia Swanepoel.
Leentjie en Mia Swanepoel het aan die dubbels deelgeneem.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'