OUDTSHOORN TENNISNUUS - Die Wesbank-tennisklub se mans- en vroueligaspanne het verlede Saterdag gemengde sukses behaal in die Eden-tennisverenigingtoernooi.
Die eersteliga-mansspan het in Sedgefield die tuisspan met 3-2 geklop, terwyl die tweedeliga vrouespan in Hartenbos met 0-4 verloor het.
Sedgefield se mans het goed begin deur die twee enkelspelwedstryde in te palm. Albei wedstryde is in drie stelle uitgespook. Wesbank het egter die drie dubbelspelwedstryde oorheers om die kragmeting met 3-2 te wen.
Die volledige uitslae is soos volg:
Wesbank 3- Sedgefield 2
Enkelspel
- Josh Daniel verloor teen Hein Byleveld 4-6, 7-5, 4-6
- Zander Petzer verloor teen William Rhodes 6-3, 4-6, 4-6
Dubbelspel
- Dirk Potgieter en Pietman Schoeman klop Hennie Louw en Jeff Livshitz 2-2 (wedstryd deur Sedgefield prysgegee)
- Josh Daniels en Pietman Schoeman klop Hein Beyleveld en Hennie Louw 6-1, 6-1
- Zander Petzer en Dirk Potgieter klop William Rhodes en Hennie Louw 7-6, 5-7, 6-4
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'