TENNISNUUS - Die ses Eden-tennisspanne, wat aan vanjaar se Cradock-uitdaagtennistoerooi in Cradock deelgeneem het, het gemengde sukses behaal.
Twee van die spanne het in hul onderskeie ouderdomsgroepe met die louere weggestap, terwyl een span tweede was.
Die res van Eden se spanne moes met derde plekke tevrede wees.
Altesaam vier provinsies wat Eden, Vrystaat, Grens en OP insluit, het mekaar oor drie dae die stryd aangesê. Volgens die president van Eden-tennis, Debra Hyde, was die toernooi besonder goed georganiseer.
Sy het haar dank uitgespreek teenoor al die Eden-spelers wat bereid was om hul provinsie by die toernooi te verteenwoordig.
Die Eden 200-B-span het met die louere weggestap. Foto's: Garnett Wicomb
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’