OUDTSHOORN TENNISNUUS - Die Wesbank-tennisklub bied op Saterdag 24 Augustus 'n enkelspeltoernooi aan waaraan alle tennisspelers kan deelneem.
Volgens die hooforganiseerder, Cilliers Petzer, sal die toernooi in verskillende groepe gespeel word afhangende van die aantal spelers wat opdaag.
Inskrywingsgeld is slegs R30 per speler en daar is talle pryse op die spel.
Die dag se tennis begin om 09:00 en sal duur tot 13:00. Daar sal 'n vuurtjie brand vir 'n lekker bring-en-braai na afloop van die dag se spel.
Belangstellendes kan Petzer vir meer besonderhede kontak by 071 868 0340 of celliers.petzer@dcs.gov.za.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'