SUID-KAAP SPORTNUUS - Die Eden suid-span van die Eden-tennisvereniging het die Franklin-skild behou toe dié span Saterdag die span van die noorde net-net met twee wedstryde (34-32) geklop het.
Die Franklin-skild-toernooi is 'n jaarlikse instelling tussen spanne van die Eden-tennisvereniging suid en noord van die Outeniquaberge.
Hoewel die noorde se 1ste liga span sy kragmeting oortuigend met 18-6 gewen het, het die 2de liga en senior spanne met onderskeidelik 13-23 en 1-5 verloor om 'n oorwinning aan die suide te besorg.
In die kragmeting tussen die eersteliga spanne het die noorde die enkelspelwedstryde met 10-2 gewen, die mansdubbels met 2-1, die vrouedubbels met 3-0, en gelykop (3-3) gespeel in die gemengde dubbels. Eden-suid se senior mansspan het hul eweknieë van die noorde met 5-1 en vyf potte (42-37) geklop.
Dié skild is jare gelede deur Franklin van Herold geskenk met die voorstel dat twee saamgestelde spanne van die SWD daarvoor speel.
Eden-suid se senior mansspan. Foto:Garnett Wicomb
'Ons bring jou die nuutste Suid-Kaap nuus'