OUDTSHOORN TENNISNUUS - Die vier spanne van die Eden-tennisvereniging het Saterdag op Oudtshoorn die spanne van die Oostelike Provinsie in hul jaarlikse vriendskaplike kragmeting net-net met 31-29 geklop.
Al die wedstryde was tot die einde in die weegskaal met die spelers wat mekaar behoorlik opgedreun het. Die uitstaande kenmerk van die dag was die talle jong en belowende spelers wat in aksie was.
Eden se ope span onder leiding van Jacques de Beer en Christene van Coller het hul eweknieë van die OP met 13 wedstryde teenoor 11 geklop
Die 40+ span het met 12 potte gewen nadat die wedstryd- en steltellings gelykop was, terwyl die 50+-span met 13 potte en die 60+-span met ‘n enkele stel elk die wa deur die drif getrek het.
Die seëvierende ope span van die Eden-tennisvereniging is voor, van links: Patricia Esterer, Berniece Bezuidenhout, Natasha Smit, Jane Schulz en Christine van Coller. Agter: Jacques de Beer, Christie Boshoff, William Rhodes, Damien Nezar, Marcell Petzer en Wimpie Helmand. Afwesig: Susan Nortjé. Foto: Garnett Wicomb
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'