TENNIS NUUS - Die Eden-noordspan van die Eden-tennisvereniging het verlede Saterdag die jaarlikse Franklin-skild toernooi gewen toe hy Eden-suid met 27 wedstryde teenoor 19 geklop het.
Die noorde se eersteligaspan het die span van die suide oortuigend met 12-4 geklop, terwyl die stryd tussen die 2de-ligaspanne 'n meer gelykopstryd was met die noorde wat uiteindelik met 13-11 koning gekraai het.
In die afdeling vir senior mans was die suide die wenner met vier wedstryde teenoor twee.
Dié skild is jare gelede geskenk deur 'n tennisliefhebber, Franklin van Herold met die voorstel dat twee saamgestelde spanne van die streek daarvoor speel.
Die voorsitter van Eden-tennis, Debra Hyde, het na die dag se wedstryde die spelers vir hul opoffering bedank, asook die Hartenbos, Mosselbaai- en Klein-Brak-tennisklubs vir die gebruik van hul fasiliteite en voorsiening van etes vir die spelers.
Die eerste-ligaspanne posseer vir 'n foto. Foto: Garnett Wicomb
Die volledige uitslae is soos volg:
1ste Liga
Noord 12-Suid 4
Vroue
Enkelspel : 2-2
Dubbelspel: 1-1
Mans
Enkelspel: Noord 3 - Suid 1
Dubbelspel: Noord 2 -Suid 0
Gemengde dubbels: Noord 4 - Suid 0
2de Liga:
Noord 13 - Suid 11
Vrouedubbels: Suid 5 - Noord 3
Mansdubbels: Noord 6 - Suid 2
Gemengde dubbels: Noord 4 -4
SenIor Mans
Suid 4 - Noord 2
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'