OUDTSHOORN NUUS - Severus en Helena Smuts (Hartenbos), Johan Janse van Vuuren en Adel Smuts (Hartenbos), en Luan van der Westhuizen en sy maat, Hezali Nel (Oudtshoorn), was die afgelope naweek die onderskeie wenners van die Wesbank-tennisklub se jaarlikse gemengde dubbelstoernooi wat in ideale tennisweer gespeel is.
Die toernooi was 'n reusesukses.
Altesaam 20 spanne, agt in die A-afdeling en ses elk in die B- en C-afdelings het deelgeneem.
In die A-afdeling het Anton Meyer (Durbanville) en Annalise Potgieter (George) tweede geëindig met Ryk Smit (Mosselbaai) en Christine van Coller (Hartenbos) in die derde plek.
In die B-afdeling was Stefan Smuts (Hartenbos) en Karin Steenman (George) die naaswenners met JC Conradie (George) en Elsabe van der Merwe (Oudtshoorn) derde.
Dennis Botha en Sonja van Wysberge (Oudtshoorn) was die naaswenners in die B-afdeling en Marc Bredell en Anna-Marle Hartzenbeg (Oudtshoorn) derde.
Johan Janse van Vuuren was die wenner van R1 000 in die gebruiklike eenpuntkompetisie waaraan al die spelers deelgeneem het.
Die voorsitter van die Wesbank-tennisklub, Jacques de Beer, het sy dank teenoor die spelers asook die borge van die dag uitgespreek.
"Die toernooi is 'n hoogtepunt op ons klub se kalender, en ons is opgewonde om soveel talentvolle spelers van ver en naby te sien wat gereed is om mekaar die stryd aan te sê," het De Beer Vrydagmiddag in sy verwelkomingstoespraak gesê.
Nie minder as agt van die naweek se deelnemers het Suid-Afrika al in die buiteland verteenwoordig terwyl die jong Tameré Stewart ook onlangs vir die SA Skolespan gekies is.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’