OUDTSHOORN NUUS - Thinus Eloff is die 2018 mans enkelspelkampioen van die Wesbank-tennisklub nadat hy Marcelle Petzer, een van die klub se belowende jong spelers,
verlede Woensdag in die eindstryd met 6-2, 6-3 geklop het. Hy het daarna ook saam met Dirk Potgieter die dubbelspeltitel ingepalm deur vir Paul Fourie en Corlu Nel met 6-1, 6-2 te verslaan.
Vroeër het hy en Christine van Coller ook die gemengde dubbelspel gewen deur vir Jacques de Beer en sy dogter, Julia, in die eindstryd te klop.
Eloff het verlede maand ook die SA Polisie 50+ enkelspeltitel in Pretoria, asook die dubbelspel saam met 'n maat agter sy naam geskryf.
Oswald Horne, ook van die Wesbank-tennisklub, het die 40+ enkelspeltitel gewen.
Marcelle Petzer, een van die klub se belowende jong spelers wat teen Eloff gespeel het.
Thinus Eloff, die 2018 mans enkelspelkampioen van die Wesbank-tennisklub.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'