OUDTSHOORN NUUS - Die spanne van Louis de Villiers en Rika de Bruyn is die vroeë voorlopers in die A-Afdeling van vanjaar se Fritz Meissner-spankompetisie met onderskeidelik 62 en 71 punte na die eerste ronde van die kompetisie.
Die eerste ronde van die kompetisie het in Mosselbaai plaasgevind.
In die mansafdeling is die span van Charl Opperman tweede met 59 punte en die span van Jacques de Beer met 'n punt minder, in die derde plek.
In die vroueafdeling is die span van Christine van Coller tweede met 64 punte en Sue Hrvey derde met 49 punte.
In die B-afdeling is dit die spanne van Perino Parna en Calvin Lottering tans die voorlopers met 66 punte elk.
June Smith se span is die vrouevoorlopers.
In die 240-kompetisie vir mans is dit die span van Mervyn Dalton wat voorloop met 53 punte met die spanne van Peter Pyke en Des Sampson gesamentlik in die tweede plek met 44 punte.
Tweede ronde
Altesaam 29 spanne, het ingeskryf vir vanjaar se kompetisie. Die tweede ronde word op Saterdag 31 Mei in Hartenbos voortgesit.
Op die dag hou die unie ook sy 29ste algemene jaarvergadering.
In die A-afdeling het ses mans- en ses vrouespanne ingeskryf, en in die B-afdeling sewe mans en vyf vrouespanne.
Vyf spanne sal mekaar in die mans 240's-kompetisie die stryd aansê.
Spanne in die 190's kompetisie bestaan uit vier spelers waarvan die gesamentlike ouderdom nie minder as 190 jaar moet wees nie en in die 240's kompetisie uit spanne met 'n gesamentlike ouderdom van ten minste 240 jaar.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’