OUDTSHOORN NUUS - Die spanne van Louis de Villiers en Rika de Bruyn is die vroeë voorlopers in die A-Afdeling van vanjaar se Fritz Meissner-spankompetisie met onderskeidelik 62 en 71 punte na die eerste ronde van die kompetisie.
Die eerste ronde van die kompetisie het in Mosselbaai plaasgevind.
In die mansafdeling is die span van Charl Opperman tweede met 59 punte en die span van Jacques de Beer met ’n punt minder, in die derde plek.
In die vroueafdeling is die span van Christine van Coller tweede met 64 punte en Sue Hrvey derde met 49 punte.
In die B-afdeling is dit die spanne van Perino Parna en Calvin Lottering tans die voorlopers met 66 punte elk. June Smith se span is die vrouevoorlopers.
In die 240-kompetisie vir mans is dit die span van Mervyn Dalton wat voorloop met 53 punte met die spanne van Peter Pyke en Des Sampson gesamentlik indie tweede plek met 44 punte.
Tweede ronde
Altesaam 29 spanne, het ingeskryf vir vanjaar se kompetisie wat op Saterdag 31 Mei in Hartenbos voortgesit word in die tweede ronde.
Op die dag hou die unie ook sy 29ste algemene jaarvergadering.
In die A-afdeling het ses mans- en ses vrouespanne ingeskryf, en in die B-afdeling sewe mans en vyf vrouespanne.
Vyf spanne sal mekaar in die mans 240’s-kompetisie die stryd aansê.
Spanne in die 190’s kompetisie bestaan uit vier spelers waarvan die gesamentlike ouderdom nie minder as 190 jaar moet wees nie en in die 240’s kompetisie uit spanne met ‘n gesamentlike ouderdom van ten minste 240 jaar.
Vanjaar se spanne is:
Mans
A-Afdeling
Charl Opperman (kapt.), Lammie Lötter, Eduard Steyls, Freddy Lötter en Charles Weiler.
Jacques de Beer (kapt.), Guillaume Oberholster, Ryk Smit en Adam Myburgh.
Willie Breytenbach (kapt.), Corné Smit, Wayne Till en Ferdie Heyman.
George Wallace (kapt.), Rudi van Rooyen, Andries Visagie, Daan Spengler en Archie Rudman.
Louis de Villiers (kapt.), Divan Lerm, Mark Fletcher, Johannes Roux en Barend Barnardt.
Gert Beyleveld (kapt.), Richard Price, Ayanda Nontshinga, Jan van Wageningin en Etienne Bruwer.
B-Afdeling
Schalk Pienaar (kapt.), Pietman Mostert, Stevie Keuler, Schalk Pienaar en Theo Pieterse.
Aubrey Nel (kapt.), Rehnear van Coller, André Claassen, Stefan Smuts, en Stephen Hansen.
Willem Pretorius (kapt.), Frank Loubser, Hanno Brummer, Louis de Villiers en Pietie van Zyl.
Penino Parma (kapt.), Marc Scheepbouwer, Brian Bailey, Alan Bangay en Charles Bokloko.
Johan Jansen van Vuuren (kapt.), Bertus Terblanche, Werner van Wyk, Johan Cloete en Riaan Cloete.
Gerhard Koen (kapt.), Kobus van Zyl, Willem van Wyk en Jan Pienaar.
Calvin Lottering (kapt.), Daniel Koert, Vivian Lottering, Adriaan Neethling en Chadwick Strade.
Alroy Mitchell (kapt.), Lowellyn Appies, Bevan Mitchell, Kenneth Paulse en Lewellyn Scheffers.
240-Afdeling
Mans
Peter Pyke (kapt.), Brian McLintock, Paddy Dalzell, Dave Glass en Gerrit Roux.
Des Sampson (kapt.), Wessel Kruger, Theunis Joubert en Paul Haasbroek.
Anton le Roux (kapt.), WF Bloem, Erwin Romijn, Dawie Pieterse en Jannie Vorster.
Mervyn Dalton (kapt.), Erich Jordaan, Henk Boshoff, Rudie Janse van Vuuren en Kallie Oosthuizen.
Danie Steyl (kapt.), Louis du Preez, Pieter Schoeman, Anthony Hyde en Peter Schleiss.
Reserwes: Alex Spratt, Bernie Schoeman, Ebrahim America, Ernst Kok, Fanus van Wyk, Hein Beyleveld, Lourens Pfaff en Luther Matthee.
Vroue
A-Afdeling
Rika de Bruyn (kapt.), Helena Smuts, Ronel Louw, Karin Deltenre en Maretha Fourie,.
Christine van Coller (kapt.), Rida Bester, Retha Matthee, Rensia de Lange en Annalise Potgieter-Pearson.
Debra Hyde (kapt.), René de Wet, Renette Kingston, Carrie MaClean en Adel Smuts.
Sue Harvey (kapt.), Karin Loretz, Corine Scheepbouwer, Jane Schultz en Liesel Fosbrook.
Christine Gouws (kapt.), Sonja Botha, Ingrid Niszl, Dalena Potgieter en Hanlé Cronje,
Wendy Crowther (kapt.), Mary-Anne Beviss- CHallinor, Elana Alberts, Antoinette du Preez en Allison Nezar.
B-Afdeling
Monica Herholdt (kapt.), Maryna Smit, Elise Vorster, Susan Raath en Kelly Fletcher.
Carla Jansen van Vuuren (kapt.), Carla Botha, Irma de Villiers, Mariaan du Toit en Thea Malherbe. .
June Smith (kapt.), Reinette Albrecht, Annette Brink, Alta van Niekerk en Lulu Janse van Rensburg.
Annetjie Janse van Vuuren (kapt.), Karien van der Mescht. Nicolene Pfeil, Helena Price, en Robyn Smuts.
Valerie Goliath (kapt.), Beverley Groepe, Evette Murray, Rachel van Heerden en Leilanie Hendricks.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’