SUID-KAAP NUUS - Die gewilde 190's-spankompetisie van die Eden seniors tennisvereniging word Saterdag met die derde ronde wedstryde op die bane van die Mosselbaai en Hartenbos-tennisklubs voortgesit.
In die mans A-afdeling kom die twee voorlo-perspanne van Thinus Eloff en Helgard Muller teen mekaar te staan, terwyl die kragmeting tussen die spanne van Hein en Gert Beyleveld ook 'n taai stryd sal wees.
In die B-afdeling speel Pietie van Zyl se span teen die span van Johan Janse van Vuuren en die span van Ernst Kok teen die span van Nico le Roux.
In die vroue A-afdeling speel die verdedigende kampioenspan van Maryna Olivier teen die span van Yvonne Dippenaar, terwyl Sonja Botha en Debra Hyde se spanne sake sal uitspook.
Verlede jaar se B-afdeling wenners, Hanlé Kok se span, kom teen die span van Eddie Lottering te staan. Agtien mans- en elf vrouespanne, altesaam 116 spelers, neem deel aan die kompetisie.
'Ons bring jou die nuutste Suid-Kaap nuus'