TUINROETE DISTRIK TENNISNUUS - Altesaam 112 tennisspelers, (28 spanne) van so ver as Beaufort-Wes was Saterdag op Mosselbaai en Hartenbos in aksie in Eden-tennis se eerste ronde van vanjaar se Fritz Meissner 190's-spankompetisie wat vanjaar ook 'n 240-groep insluit.
In die 190’s-afdeling moet die gesamentlike ouderdom van die vier spelers in 'n span nie minder as 190 jaar wees nie en in die 240-groep nie minder as 240 jaar nie.
Vier spanne het vir die 240-afdeling ingeskryf.
Die volgende ronde is geskeduleer vir Saterdag, 15 Mei op George.
Die 190-span van Francois van Zyl van Mosselbaai. Van links staan Marius Theron, Van Zyl, Ryk Smit en Christie Boshoff.
Hartenbos se 190-span is van links, Helena Haasbroek (kaptein), Annette Brink, June Smith en Susan Raath.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'