Sake kon maklik anders verloop het as die skoppers van Abbatoir maar net die mikke kon vind. Hulle het vier keer agter die pale gaan kuier in vergelyking met die drie drieë deur Warriors. Twee doelskoppe en drie strafskoppe het egter die wedstryd vir Warriors beklink. Vir Abbatoir het Henry Daniels, Emile Dondas en Jefrey Kiewiets agter die pale gaan kuier. Rudewaan Geduld, Gregory Agulhas en Burton Carolus was die driedrukkers vir Warriors.
Spanne wat aan die liga deelgeneem het was KKI Leerlooierye, KKI Abbatoir, Saag Jonker Boerderye, Oudtshoorn Shoprite, Oudtshoorn Pick n Pay en Oudts-hoorn Checkers.
Hennie Baartman, president van SWD-rug-byunie, het `n trofee geskenk.
Die Shoprite Warriors was wenners van die 2012 Sosiale Werkersliga.Die span van KKI Abbatoir het deurgedring tot die finale.

Die span van KKI Abbatoir het deurgedring tot die finale.