`n Sewestoernooi is onlangs ter viering van Vrouemaand by die weermagbasis se rugby-velde aangebied.
O.16-spanne van Hoërskool George, Beaufort-Wes, Knysna en Bridgton, o.18-spanne van Hoërskool George, Beaufort-Wes, Môrester en Knysna en senior SWD-spanne was in aksie.
Die senior A- en B-spanne het die wedstryd gebruik as voorbereiding vir die nasionale sewestoernooi wat later vanjaar in Saldanha plaasvind.
Uitslae:
George Hoër (o.16) 40-0 Beaufort-Wes (o.16)
Bridgton Senior Skool (o.16) 23-15 Knysna (o.16)
George Hoër (o.18) 15-0 Knysna (o.18)
Beaufort-Wes (o.18) 5-10 Môrester (o.18)
SWD Eagirls Senior (A) 15-0 SWD Eagirls Senior (B)
Robyn September (SWD o.16-speler). Sy is eintlik van Heidelberg, maar sy speel hier vir Bridgton Sekondêr teen Knysna.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'