Die spelers is Domenic Smit (Hoërskool Oudts-hoorn) Nevada Jacobs (Langenhoven Gimna-sium), Andrew Kuhn, Roux Swart, JP Duvenhage en Curtley Prins (almal van Hoërskool Outeniqua).
SWD het vir KwaZulu-Natal in hul eerste wedstryd met 18-13 geklop en daarna ook vir die WP op hul neuse laat kyk met 23-38. Na die suksesse het die span vir die eerste keer sedert 2008 in die hoofwedstryd gespeel. Hul teenstanders, die EP Kings, was te sterk en SWD het met 25-7 verloor.
In 2008 was Jerome Jantjies die Cravenweekspan se hoofafrigter en CJ Stander die span se kaptein.
Curtley Prins, JP Duvenhage, Andrew Kuhn en Roux Swart in die kleure van Hoërskool Outeniqua. Foto: Jacques Swart
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein-Karoo nuus'