OUDTSHOORN RUGBY NUUS - ‘n Groot eer het Oudtshoorn te beurt geval om die eindstryd van die SuperSport Rugby Challenge op die Bridgton-sportgronde aan te bied.
Griekwas sal Sondag 15 Julie om 14:00 teen die Pumas te staan kom.
Griekwas het Saterdag 7 Julie Vrystaat met 27-14 uitgeskakel, terwyl die Pumas die Sharks Vrydagaand met 30-17 gewen het.
Dit is die derde keer dat die SuperSport Rugby Challenge in Oudtshoorn plaasvind.
Volgens die woordvoerder van die rugbyreeks, Sandile Luthile, is die eindstryd aan Oudtshoorn toegeken omdat die stadion elke keer volgepak is en die toeskouers ordelik is tydens die wedstryde,
In drie voorwedstryde sal Bridgton se A-, B- en C-spanne teen Progress te staan kom.
Die hoofwedstryd, asook die Bridgton A teen Progress B-wedstryde word direk op SuperSport gebeeldsend.
Die hekke open om 07:30 en toegang is gratis.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'