OUDTSHOORN SPORT NEWS - Stanley Kruger (52), onderwyser van beroep, is onlangs as Bridgton-rugbyklub se nuwe afrigter vir die 2023-seisoen aangewys.
Kruger, wat oorspronklik van Bloemfontein is, bly tans in Groot-Brakrivier en sal met oefentye heen en weer na Oudtshoorn pendel.
Bridgton se afrigting is oor die jare 'n groot besprekingspunt omdat die klub tans ook die enigste rugbyklub in die groter Oudtshoorn is wat in die prestigeryke SWD Super A-liga meeding.
Sy ervaring as afrigter sluit Vrystaat-ouderdomsgroepe, Groot Brak se A-span, Bloemfontein-polisie se B-span en Cravenweek-ouderdomsgroepe in.
Volgens Kruger is sy afrigtingsfilisofie eenvoudig:
"Sonder om te veel weg te gee kan ek nou reeds sê dat goeie hardlooprugby volgende jaar Bridgton se voorland sal wees. In lyn met ons visie, On the Rise, sal ons mikpunt wees om voortdurend 'n opwaartse kurwe in ons spel te demonstreer. Ek glo dat as almal saamwerk ons volgende jaar die halfeindronde van die liga sal bereik," het Kruger met groot selfvertroue gesê.
'We bring you the latest Oudtshoorn, Klein Karoo news'